Twaalf jaar lank was Anja die stil vroutjie wat niemand gehoor het nie. Toe sterf Pa, en die testament gee háár een-en-vyftig persent van Wolwekrans. Nou moet die familie wat haar klein gemaak het, vir haar antwoord.
Jy het die eerste vier episodes gesien. Nou begin die oorlog: tien miljoen rand op die tafel, 'n sleutel tot 'n geheime kantoor, Pa se brief, 'n bekendstelling wat alles verander, en 'n nag wat Wolwekrans nooit sal vergeet nie.
Sodra jou betaling deur is, word jy outomaties ingeteken en kan jy dadelik begin kyk. Ons stuur ook 'n e-pos met 'n skakel, sodat jy later of op 'n ander toestel kan kyk.
Nee. Jy betaal net een keer R55 en Seisoen 1 is joune. Daar is geen maandelikse debiet nie.
Vir altyd. Jy het lewenslange toegang tot Seisoen 1 en kan dit soveel keer kyk as wat jy wil, so lank as wat ons die reeks aanbied (en minstens vir twee jaar).
Gaan na Teken in, tik dieselfde e-posadres in, en ons stuur dadelik 'n nuwe skakel.
Op tot drie toestelle tegelyk. As jy op 'n vierde toestel inteken, word die oudste een uitgeteken.
Met 'n debiet- of kredietkaart, Instant EFT of Apple Pay. Betalings word veilig deur Paystack verwerk; ons sien of stoor nooit jou kaartbesonderhede nie.
Skryf vir ons by [email protected] en ons help jou. As ons dit nie kan regkry nie, betaal ons jou terug. Lees ons terugbetalingsbeleid.